|
|
|
Na Potgieter se besoek aan Louis Trigard se kamp in die Soutpansberge is hy terug om by die hoofgroep Trekkers uit die Kaap aan te sluit, vol lof vir die ruim oop wereld tussen die Vaal- en Limpoporiviere. Hy was verruk deur die wisselende natuurskoon en die vrugbaarheid van die aarde, en in sy hart was hy oortuig dat hierdie land bestem was om die toekomstige tuiste van die Trekkers te word. Toe hy op 28 Augustus 1838 die Vaalrivier bereik, het slegte nuus horn ingewag. 'n Groep van agt jagters onder leiding van Stephanus Erasmus het op eie houtjie ook die trek van die Kaap aangedurf. Op die 24ste Augustus is die kamp van hierdie groepie deur 600 Matebele-krygsmanne aangeval. Vier blanke jagters en vyf van hul bediendes is vermoor. Die ander het ontsnap. Die Matebeles het egter hul spoor gevolg en is sodoende na die kamp van 'n klein groepie Voortrekkers, onder leiding van Barend Liebenberg, gelei. Hierdie groepie was gerieflik uitgespan op die walle van die Vaalrivier net oorkant die plek waar die dorp Parys in die toekoms sou verrys. Hulle rus is wreed versteur toe Stephanus Erasmus op 'n stywe galop die kamp binnegery en hulle die nuus van die aanstormende Matebeles meegedeel het. Erasmus het aangehou jaag om die ander groepies Trekkers te waarsku. Die Liebenberg-groep was nog aan die beraadslaag oor wat hulle sou doen toe die Matebeles op hulle afstorm. 'n Wilde geveg het gevolg. Binne enkele minute het dertien Trekkers en twaalf bediendes gewelddadig gesterf terwyl twee klein wit dogtertjies, Liebenberg se eie seuntjie en ene Rudolf Bronkhorst as gevangenes weggevoer is.
Met die gevangenes en al Liebenberg se vee het die Matebeles oor die
kaal veld verdwyn. Intussen het 'n tweede bende krygsmanne nog 'n kamp met Voortrekkers by Koppieskraal, laer langs die Vaalrivier af, aangeval. Hierdie groep Trekkers is egter betyds deur Erasmus gewaarsku. Onder leiding van J. Bothma en H. Steyn en bygestaan deur Stephanus Erasmus wat by hulle aangesluit het, het hulle 'n digte sirkel met hulle waens gevorm.
Eenhonderd-en-vyftig Matebeles het gesterf in 'n vergeefse poging om die hardnekkige klein laer binne te val. Die ontnugterde Matebeles het teruggeval nadat hulle twee van die Trekkers en verskeie bediendes gedood het.
Die Matebele-hoofman, Mzilikazi (Silkaats), en sy volgelinge het gedurende hierdie tyd vir hulself 'n gerieflike tuiste gemaak by Gabeni in die vrugbare vallei van die Marico-rivier in noordwes-Transvaal. Die stam het in Zoeloeland ontstaan waar Mzilikazi 'n onderdaan van opperhoof Shaka was. As bevelvoerder van 'n regiment het hy strooptogte teen die Sotho-stamme van Transvaal uitgevoer . Hierdie lewe het hom uitstekend gepas en teen 1823 het hy uit Shaka se diens gevlug en as onafhanklike hoofman oor sy eie rowerbende geheers.
Met 'n paar volgelinge uit Zoeloeland het hy afgesit na Transvaal en die Sotho-stamme wat daar gewoon het aangeval en hut besittings geplunder. Mzilikazi se aanhangers is deur hierdie stamme die Matebeles genoem
- dit beteken, die wat weghardloop - omdat hulle uit Zoeloeland gevlug het. Hulle onverskrokkenheid en sukses het hulle egter gou berug gemaak en hordes afvallige Sothos het by hulle aangesluit. Mzilikazi het homself
dus aan die hoof bevind van 'n erg vermengde maar tog gedugte stam wat in besit was van groot troppe vee wat hulle van die eens welvarende, maar nou uitgeroeide, Transvaalse starnme geroof het. Dit was op hierdie tydstip in hul geskiedenis dat die Matebeles die twee kampe langs die Vaal- rivier aangeval het. Die sukses van hul rooftogte het hulle oormoedig laat word en Mzilikazi het besluit om sy groot groep krygsmanne weer suid te stuur om te roof wat nog van die Trekkers geroof kon word.
Teen hierdie tyd het 'n groot aantal Trekkers reeds die Kaap-kolonie verlaat en saamgetrek op die vlaktes by een van die bekendste landmerke in Suidelike Afrika, die rotsmassa bekend as Thaba 'Nchu (Swartberg). Hier was daar reeds 'n Wesliaanse sendingstasie met eerwaarde Archbell aan die hoof, wat die vredeliewende en vriendelike Rolong-stam met hul hoof man Moroka, bearbei het. Moroka het die Trekkers verwelkom as bondgenote teen die Matebeles. Daar was volop vrugbare grond waar die Trekkers hulle kon vestig en baie het reeds vir hulle plase uitgesoek en wonings beplan. Toe nuus van die geveg by Vegkop hierdie groep Trekkers bereik, het hulle dadelik osse gestuur om die waens na die veiligheid van die hooflaer by Thaba 'Nchu te bring. Hierin is hulle aktief bygestaan deur hoof man Moroka. Ernstige besprekings het gevolg oor wat nou gedoen moes word en waarheen hulle sou gaan.
Kenmerkend het die Trekkers eers 'n ordelike regeringsvorm tot stand gebring. Gerrit Maritz, 'n vooruitstrewende 39-jarige wamaker van Graaff-Reinet, is as landdros en voorsitter van die Volksraad verkies. Andries Hendrik Potgieter is verkies as die militere bevelvoerder en sy eerste opdrag was om 'n vergeldings-aanval teen die Matebeles te
loods. Gewere en ammunisie is gereed gemaak en perde is uitgesoek vir 'n aanval op die vesting van Mzilikazi en sy volgelinge.
Die oorblufte krygsmanne het uit hul hutte genael maar die bokhael uit die groot gewere het 400 van hulle neergevel voordat die res in die beskutting van die bosse verdwyn het. Die jubelende Trekkers het die hutte aan die brand gesteek, 7000 stuks grootvee gebuit, en suidwaarts koers gekry terwyl die Matebeles hul wonde gelek en hul huise weer opgebou het. Op die lang pad terug na Thaba 'Nchu het die Trekkers onder mekaar begin rusie maak. Potgieter se mense wou hul verliese uit die aangekeerde vee vergoed terwyl Maritz se mense aangedring het op 'n gelyke verdeling. Daar is ook baie geargumenteer oor waar hulle uiteindelik gevestig sou raak. Terug op Thaba 'Nchu het hierdie rusies voortgeduur. Dit was onvermydelik dat so 'n groot groep persone, wat elkeen uit eie v rye beweging besluit het om die Kaapkolonie te verlaat op soek na 'n nuwe tuiste, uiteenlopende en dikwels botsende opinies sou he. Die tydsame trek oor die oop vlaktes en lang aande om die kampvure het baie geleenthede geskep vir besprekings en argumente. Met elke Trekker geregtig op sy eie mening en niemand so oorheersend dat hy die ander heeltemal na sy sienswyse kon oorhaal nie, was die Trekkers in daardie stadium 'n baie losse gemeenskap wat min in gemeen gehad het, behalwe die kern-redes vir hul trek uit die Kaap. Terwyl die Trekkers oor die kwessie van 'n verblyfplek geredekawel het (sommige wou op die sentrale vlaktes bly; ander wou noordwaarts na Transvaal en nog ander wou ooswaarts na Natal), was die volgelinge van Andries Hendrik Potgieter nog steeds gegrief oor die buitmaking van hul vee deur die Matebeles. Die vee wat hulle wel teruggekry het na die strooptogte op Mosega, is as karige vergoeding beskou. Potgieter en sy volgelinge was ook oortuig dat die Transvaal hulle toekomstige verblyfplek sou wees, en die aanhoudende argumente van die ander Trekkers het hulle ontstem. Hulle het daarom van die hoofgroep af weggebreek en die dorpie Winburg gestig, terwyl hulle gereed gemaak het vir die finale afrekening met die Matebeles. Hierdie keer wou Potgieter nie net veg om hul vee terug te kry nie, maar om die hele Transvaal te bevry van die vrees en verskrikking van die Matebele-strooptogte. Potgieter het laat in Oktober 1837 weer na die Transvaal vertrek, hierdie keer met 'n kommando van 360 Trekkers, bygestaan deur talryke Rolong-veewagters en berede kleurlinge. Opgewonde het hulle noordwaarts gery , elkeen met net een gedagte - om die Matebeles te vergeld vir die dood van familielede of vriende en vir die vee wat hulle geroof het.
Die jaar 1837 was reeds vir die Matebeles 'n ongelukkige jaar. Na Potgieter se aanval, het die Zoeloes op een van hul strooptogte die Matebeles se beste regimente verslaan en 'n groot aantal vee gebuit. Hulle het reeds 'n aftog na die noorde beplan toe Potgieter en sy volgelinge teen dagbreek op die 4de November in die vallei van die Maricorivier afgestorm gekom het. Die hele dag lank het die geveg gewoed. Hutte is afgebrand, vee is aangekeer en die Matebele-krygsmanne moes terugval. Die volgende dag was 'n Sondag en die Trekkers het gerus en hul winste vasgestel. Maandag was dit Mzilikazi se beurt om 'n teenaanval met sy voIle mag, en met homself aan die spits, te loods. Met sy manne in die tradisionele oorlogsformasie van die Zoeloes opgestel - 'n sentrale bors met omsingelende arms - het hy hulle soos 'n trop wolwe op die Trekkers afgestuur. Potgieter was oorgehaal vir hulle. Sy manne was in 'n lang ry opgestel en hul geweervuur het die Matebeles 'n vernietigende ontvangs gegee. Die hoofmanne het hard probeer om hul manskappe aan te vuur, maar elke aanval van hulle kant is genadeloos deur die Trekkers gestuit. Teen die middag was die geveg verby. Die Matebeles het op die v lug geslaan en Mzilikazi se mag in die Transvaal was gebreek. Die Trekkers het die verslane krygsmanne deur die ruigtes agternagesit. In 'n wanhopige poging om sy stat te red, het Mzilikazi weereens posisie teen die Trekkers ingeneem. As 'n troefkaart het hy 'n eienaardige beredekorps - krygsmanne op osse wat spesiaal vir oorlog-voering afgerig was - uitgestuur . Die osse se horings was skerp gemaak en hulle was geleer om perde te deurboor. Die Trekkers moes verbaas aanskou hoe hierdie bulkende bataljon deur die bosse aangejaag kom. Die gedruis van oorlogvoering, geknal van geweervuur en die reuk van bloed was egter een te veel vir hierdie beredekorps. Die groot diere het paniekerig op hol gegaan, en sommige het hul eie base platgetrap en deurboor. Die juigende Trek kers het agter hulle aangejaag en die stat Gabeni aan die brand gesteek.
Vir die Matebeles was dit die einde. Hulle het noordwaarts gevlug en na 'n lang moeilike tog, 'n nuwe tuiste in Rhodesie gevind wat vandag as Matebeleland bekend is. Vir Potgieter en sy mense het die finale aftog van die Matebeles die einde beteken van wat daarna bekend was as die Negedaagse Oorlog. Hulle het groot troppe vee gebuit wat onder hulle verdeel moes word. Nie 'n enkele manskap het 'n ernstige besering opgedoen nie, en daar was 'n groot gejuig en blydskap oor hul oorwinning.
Behalwe blydskap oor die buit, het elke man onder hulle ook besef dat die hele
lieflike Transvaal met sy wisselende natuurskoon, ooglopende vrugbaarheid en ongekende rykdomme, gele en wag het om bewoon te word.
|